Hoërskool Montana skoolwapen Hoërskool Montana

WORD ‘N
MONTIE
SMAAKMAKER

Het jy ‘n slag met video’s, kreatiewe inhoud of om unieke Montie-oomblikke vas te vang? Registreer as ‘n Smaakmaker en help ons om die wêreld te wys wat die Monties uniek maak.

FILM · CREATE · INSPIRE · SHARE · POST

Montie Smaakmaker mascot bytjie met kamera en selfoon

Wat is ‘n Montie Smaakmaker?

‘n Smaakmaker is ‘n leerder wat help om positiewe, kreatiewe en inspirerende inhoud oor Hoërskool Montana vas te vang. Dit kan video’s wees van sport, kultuur, akademie, projekte, skoolgees of agter-die-skerms oomblikke — enige inhoud wat wys wat die Monties spesiaal maak.

Sport

Oomblikke van die sportveld, atletiek, oefeninge en oorwinnings.

Kultuur

Toneel, koor, debat, kunste en alles wat die hart laat sing.

Akademie

Projekte, eksperimente, klaskamermomente en akademiese trots.

Algemeen · Skoolgees

Geesbou, agter-die-skerms, vriendskap — die ware Montie-vibe.

Die proses

Hoe werk dit?

1

Registreer

Vul jou besonderhede in en word deel van die Smaakmaker-span.

2

Skep

Film kort, kreatiewe en positiewe inhoud oor Montie-aktiwiteite.

3

Laai op

Dien jou video veilig in deur die Smaakmaker-portaal.

4

Word erken

Uitstaande inhoud kan op die skool se platforms gebruik word.

Jy los 'n spoor
Elke video tel

Jy los ‘n spoor

Elke Smaakmaker laat ‘n spoor agter — ‘n oomblik wat onthou word, ‘n storie wat gedeel word, ‘n video wat die Monties laat uitstaan. Wys die wêreld wat die Monties uniek maak.

Jou lensJou storieJou skool
Erkenning

Montie
Smaakmaker
Toekenning

Leerders wat gereeld kreatiewe, positiewe en bruikbare inhoud indien kan erkenning ontvang. Die bemarkingspan beoordeel inhoud op kreatiwiteit, gehalte, oorspronklikheid, skoolgees en die positiewe uitbeelding van Hoërskool Montana.

  • Kreatiefste Video
  • Beste Sport-oomblik
  • Beste Kultuur-oomblik
  • Beste Akademiese / Projek-inhoud
  • Beste Skoolgees-video
  • Opkomende Smaakmaker
  • Smaakmaker van die Kwartaal / Jaar

Het jy vrae oor Montie Smaakmaker?

Stuur gerus ‘n WhatsApp aan die bemarker vir meer inligting.

WhatsApp die Bemarker · 071 440 0632